Resensie: Magriet se eierbesigheid - Melanie Tait. Afrikaans Kinderboek (Review: Children's Book)
Die Magriet – reeks is gebaseer op die ware avonture van ‘n hoender in Johannesburg.
'n Maklik leesbare en verstaanbare boek vir jong kinders. Daar is ook 'n wonderlike resep in die boek. My seun het die storie sowel as die resep in die boek geniet. Die storie leer hulle ook om hul idees na te streef.
Nina het 'n hoender. Die hoender se naam is Magriet. Nina en Magriet spandeer al hul tyd saam.
Nina se ouma en oupa het Magriet nog nie ontmoet nie, hulle het nog net foto's van haar gesien. Hulle het gehoor Magriet lê elke oggend 'n eier.
Eendag kom kuier hulle. Nina maak vir haar ouma en oupa 'n heerlike omelet met Magriet se eiers. Hulle is mal daaroor!
Nina wens almal kon proe hoe lekker Magriet se eiers is. Dit gee Nina 'n goeie idee vir 'n besigheid.
In Engels:
An easy to read, and understand, book for young children. There is also a great recipe in the book. My son enjoyed the story as well as the recipe in the book. The story also teaches them to pursue their ideas.
Nina has a chicken. The chicken's name is Magriet. Nina and Magriet spend all their time together.
Nina’s grandma and grandpa haven’t met Magriet yet, they’ve only seen photos of her. They’ve heard that Magriet lays an egg every morning.
One day they come to visit. Nina makes a delicious omelette for her grandmother and grandfather with Magriet’s eggs. They love it!
Nina wishes everyone could taste how nice Magriet’s eggs are. This gives Nina a great idea for a business.
Op die boek:
Oupa en Ouma het nog net foto’s van Magriet die hoender gesien. En hulle het gehoor dat Magriet elke dag ‘n eier lê.
Nou kan hulle uiteindelik Magriet se eier proe wanneer hulle kom kuier.
Skielik kry Nina ‘n idee vir ‘n besigheid …